Hello
Hoe gaan dit daai kant.
Eerstens – komplimente. Ek het al van Maart af ‘n inflammatoriese reaksie in my vel aan die gang. Dit het met nuwe produkte en microneedling en hare kleur begin.
Produkte gestop, hare vir 3 maande nie gekleur nie en geen behandelings gehad nie en steeds lae-graadse inflammasie gehad wat jeukerig was sodat ek nie eens grimering gedra het vir die laaste 4 maande nie.
Na 5 dae op jou gesigreeks is die inflammasie weg.
Die lae-graadse edeem om die ken en oe en bolip het heeltemal gesak.
Ek het 4 nuwe plooie maar hulle vul ek eersdaags op – ons gaan definitief jou gesigreeks aanhou, of jy vir ons ‘n ‘meer kliniese’ en effens duurder weergawe doen of nie.