R 365.00
Hierdie room is sag genoeg vir enige iemand om te gebruik, maar ideaal vir sensitiewe, droë vel of geïrriteerde vel. Ek gebruik dit wanneer my ekseem opvlam. Chardine se dagroom...
Kategorieë: Gesigreeks

Hierdie room is sag genoeg vir enige iemand om te gebruik, maar ideaal vir sensitiewe, droë vel of geïrriteerde vel. Ek gebruik dit wanneer my ekseem opvlam.

Chardine se dagroom word gemaak met 17 natuurlike afgeleide, grondstowwe. Chardine se dagroom is geformuleer met vyf olies -hawerlipied E, koringkiem, maroela-olie, MCT-olies en kakaobotter.

Kolloïdale hawermout, aloe vera-jel en bokmelk word bygevoeg om sensitiewe vel te streel en te bevogtig en Neroli-essensiële olie vir 'n heerlike opbouende reuk. Dien soggens en saans toe na toner. As jy Chardine's Rejuvenating face oil gebruik, smeer eers gesigolie ná toner aan en volg met jou dagroom.